Verkoop aanlyn deur ons rooi rose-aanlynwinkel

rooi rose is 'n alles-in-een glanstydskrif vir Afrikaanse vroue wat hul uniekheid vier en weet wat hulle wil hê - insluitende die beste in mode, skoonheid, gesondheid, vermaak en dekor – alles in hul gunsteling-tydskrif.

Om hierdie ervaring in die rooi rose- aanlynwinkel te kry, het ons in vennootskap met Shopstar 'n groeiende mark ontwikkel wat spesialiseer in outentieke, passievol vervaardigde produkte wat in rooi rose te sien is. As jou produk by die profiel pas, kan jy deel word van die mark en deur rooi rose begin verkoop deur ‘n paar maklike stappe te volg.

Hoe werk dit?

  • Deur die Shopstar-onderskrywingsmodel te gebruik, kan die rooi rose-aanlynwinkel enige produk bemark wat in 'n Shopstar-aanlynwinkel verkoop word.
  • As jy die Shopstar-platform gebruik om maklik jou eie aanlynwinkel te skep en te bestuur, kan ons die produkte in ons winkel vertoon.
  • Kopers kan dan jou produkte in ons winkel ontdek, maar wanneer hulle koop, koop hulle regstreeks van jou.
  • Jy beheer jou eie voorraad en stuur die bestellings uit.
  • rooi rose gaan verkope na en vra kommissie vir verwysing op verkope via ons winkel.

Die resultaat is 'n aanlynweergawe van rooi rose, waar ons fokus op ons sterk punte: om aan lesers die beste gehalte handelsmerke te verskaf waarvoor ons bekend is en om dit aan 'n groot gehoor te bemark; en jy fokus op jou sterk punte: die skep en verkoop van pragtige, innoverende produkte.

Voordele

  • Ons bemark jou produkte van jou winkel in ons winkel.
  • Nog 'n ander roete waardeur die koper jou kan ontdek en wat tot meer verkope sal lei.
  • Geen addisionele koste - jy betaal net kommissie op verkope as kopers jou produk via ons winkel ontdek het.

Begin so

  • Sluit aan by http://www.shopstar.co.za vir jou aanlyn-winkel. Gebruik die promosie-kode rooi-rose vir 'n bykomende 30 dae gratis (60 dae in totaal).
  • Begin jou winkel met produkbeskrywings en foto's. Gebruik hierdie maklike opstel-gids.
  • Voeg @winkel-rooirose by die aanheg (‘tag’) –afdeling van elke produk wat jy wil hê ons moet onderskryf. Ons sal dan die produkte keur wat ons wil vertoon.
  • Vir meer inligting en hulp, besoek die Shopstar ondersteuningswebtuiste of stuur ‘n e-pos aan hello@shopstar.co.za

Kyk na winkels wat reeds onderskryf is.